September 17, 2021

Ondersoek duur voort na Jaco Geldenhuys (32) se liggaam gevind is

Sy selfoon was af en sy motor kon nie gevind word nie.

Ondersoek duur steeds voort na Jaco (32) se liggaam gevind is

Ondersoek duur steeds voort na Jaco (32) se liggaam gevind is Foto: Facebook

PRETORIA. – Die polisie het bevestig die ondersoek duur steeds voort nadat Jaco Geldenhuys (32), wat laas op 14 Julie gesien is, se liggaam buite Pretoria gevind is.

Konst. Connie Moganedi, polisiewoordvoerder, sê ‘n saak van moord word ondersoek. Volgens Moganedi is die moordondersoek van stapel gestuur nadat Geldenhuys se liggaam in die Rayton-omgewing gevind is.

Polisie bevestig ondersoek duur voort

“Die ondersoek is steeds aan die gang.”

Geldenhuys se liggaam is die middag van 16 Julie gevind. Volgens ‘n plasing van Afri Forum Centurion het hy op die dag van sy verdwyning werk na ure op Cullinan gaan doen. Hy het nooit weer teruggekeer huis toe nie. Sy selfoon was af en sy motor kon nie gevind word nie.

LEES OOK: Is die bekende Bachelor SA-paartjie nog saam of nie?

LEES OOK: Man dood gevind met vreemde boodskap op liggaam geskryf

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *