Ramaphosa belowe hulppakkette aan slagoffers van onluste

Ramaphosa het die sakegemeenskap verseker dat die regering die stabiliteit sal herstel en handhaaf.

Ramaphosa sê die hulppakkette sal ondernemings wat deur onluste geraak is, help.

Ramaphosa sê die hulppakkette sal ondernemings wat deur onluste geraak is, help. (Foto: News24)

SUID-AFRIKA. – Die regering sal binnekort maatskaplike en ekonomiese hulppakkette aankondig om ondernemings en werkers wat slagoffers van die onlangse burgerlike onluste was, te help om weer op hul voete te kom, het president Cyril Ramaphosa belowe.

Volgens IOL is dit ‘n belofte wat deur president Cyril Ramaphosa gemaak is tydens ‘n vergadering met ongeveer 90 nywerheidsleiers, grotendeels van Gauteng en KwaZulu-Natal, wat geraak is deur die onluste van verlede week,

Die onluste het ‘n impak op meer as 40 000 formele ondernemings en 55 000 informele handelaars in KZN alleenlik, met 160 000 mense wat die gevaar loop om hulle werk kwyt te wees.

Ramaphosa het gesê die regering werk saam met maatskaplike vennote om ‘n uitgebreide maatskaplike en ekonomiese hulppakket saam te stel wat arm huishoudings sal ondersteun en hulp verleen aan ondernemings en werknemers wat geraak word.

Ramaphosa sê die hulppakkette sal ondernemings wat deur onluste geraak is, help

“Hierdie pakket sal spesifieke verligting inhou vir sektore soos kleinhandel en eiendom wat deur die geweld geraak word,” het hy gesê.

Ramaphosa het die sakegemeenskap verseker dat die regering die stabiliteit sal herstel en handhaaf, noodsaaklike voorrade verseker, verligting bied en weer begin bou.

Lees ook: ‘Ons bou op, ons breek nie af nie’ sê Cyril oor Zuma-onluste

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *