‘Ons bou op, ons breek nie af nie’ sê Cyril oor Zuma-onluste

Deel hierdie storie / Share this story

Die gewelddadige onluste wat tans in KwaZulu-Natal en ook in Gauteng aan die gang is, is ‘n bron van kommer vir alle Suid-Afrikaners, sê president Cyril Ramaphosa Sondagaand in sy toespraak.

Dié onluste het uitgebreek na oudpresident Jacob Zuma se inhegtenisname Vrydag.

“Niemand is verhewe bo die wet nie.

“Diegene wat by gewelddadige optogte en vandalisme betrokke is, sal in hegtenis geneem word en gestraf word. Diegene wat die inperkingsmaatreëls oortree, sal ook gestraf word.”

Ramaphosa sê die land werk daaraan om werksgeleenthede te skep om so kos op die tafel te sit, kinders skool toe te stuur en families te ondersteun.

“Ons bou op, ons breek nie af nie.”

Lees hier wat president Cyril Ramaphosa alles Sondagaand in sy toespraak gesê het.