Tienerseun (13) in onluste doodgeskiet
‘n Tienerseun (13) is Woensdag in Vosloorus doodgeskiet toe taxibestuurders op die plunderaars by dié winkelsentrum begin skiet het.
Na berigte het van die plunderaars teruggeskiet en ‘n oor-en-weer skietery het vir ongeveer vyf minute geduur.
Taxibestuurders het probeer om die winkels teen die plunderaars te beskerm. eNCA is op die toneel.
Dis tydens die skietery dat ‘n koeël die seun getref het.
‘n Man se bebloede liggaam is ook vroeër Woensdag agter ‘n Cashbuild-hardewarewinkel gevind. Lees meer hier.



