Vrou ‘te vet’ om permanent in Nieu-Seeland te bly Copy

Vrou ‘te vet’ om permanent in Nieu-Seeland te bly

Vrou ‘te vet’ om permanent in Nieu-Seeland te bly Foto: Rapport

‘n Suid-Afrikaner en haar gesin wat in 2018 hulle huis in Port-Elizabeth opgepak het en na Nieu-Seeland verhuis het, kan nou gedeporteer word omdat sy volgens hulle “te vet” is.

Mondelea Bezuidenhout (35) en haar man Donovan saam met hulle twee kinders (nege en drie) bly al vir drie jaar daar sedert hulle geëmigreer het. Mondelea, het reeds 22 kg verloor en weeg nou 128 kg. Haar en haar gesin se aansoek om permanente verblyf is afgekeur as gevolg van haar gewig. Sy sê aan Rapport sy is geskok en verpletter oor dié nuus.

Sy vertel verder sy was al vir mediese toetse en alles dui daarop dat sy gesond is. Volgens haar was sy nog altyd “‘n pokkel” en was ook op skool gespot en geboelie.

Vrou geskok oor Nieu-Seeland se antwoord

Sy het alles in haar vermoë gedoen deur reg te eet en te oefen om die 22 kg af te skud. Die Nieu-Seelandse-emigrasie-owerhede sê haar liggaamsmassa-indeks van meer as 35 sit haar glo in ‘n hoë risiko-kategorie. Sy sê dit maak haar ongelukkig dat hulle nie dink sy sal haar gewigsverlies kan volhou nie.

Die gesin appelleer teen die owerhede se beslissing, maar hulle moet uit die land indien hulle werkspermitte nie binne 13 dae verleng kan word nie. Hulle het ‘n fondsinsameling begin om R100 000 in te samel wat nodig is vir hulle hernuwingsaansoeke. – Rapport

LEES OOK: Haai-aanval: man wat in see urineer, se ledemate afgebyt

LEES OOK: Advokaat se vrou wou glo dié aand haarself skiet

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *