Haai-aanval: man wat in see urineer, se ledemate afgebyt

“Daar was baie bloed in die water.”

Haaiaanval: man wat in see unrineer, se ledemate afgebyt

Haaiaanval: man wat in see unrineer, se ledemate afgebyt Foto: SciTechDaily

BRASILIë. – ‘n Man wat op die strand saam met ‘n vriend gesit en kuier het, het in die see ingegaan om te urineer toe hy in ‘n haai-aanval gesterf het.

Marcelo Rocha Santos (51) het saam met ‘n vriend gedrink toe hy nodig gehad het om te urineer. Hy het besluit om in die see in te gaan, aangesien daar geen badkamers naby was nie. Ademir Sebastiao da Silva, sy vriend, vertel aan Global News, hy het saam met Santos in die water ingegaan. Hy vertel hulle het ingestap tot die water by hulle middellywe was.

Vriend langs hom tydens haai-aanval

‘n Haai het Santos toe eweskielik onder die water ingetrek. Sy vriend beskryf dit as “’n bloedige stryd” wat veroorsaak het dat sy vriend sy bewussyn verloor het.

“Daar was baie bloed in die water.”

Sy vriend het dadelik ingespring en hom probeer. Hy het daarin geslaag om Santos uit die water te kry. Onstellende foto’s van die voorval word gedeel. Dit wys waar ‘n deel van Santos se arm en been in die aanval afgebyt is. Hy is dadelik na ‘n hospitaal geneem, maar is dood verklaar.

LEES OOK: Advokaat se vrou wou glo dié aand haarself skiet

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *