Advokaat se vrou wou glo dié aand haarself skiet

Mientel is Vrydag op borgtog van R10 000 vrygelaat.

Advokaat se vrou nou van moord aangekla

Advokaat se vrou nou van moord aangekla Foto: Facebook

KAAPSTAD. – Mientel Nortier (60), die vrou van advokaat Leon Nortier, wou glo haarsélf skiet, waarop haar man haar probeer keer het en toe noodlottig gewond is.

Mientel is dieselfde aand op aanklag van moord in hegtenis geneem.

Mientel is Vrydag op borgtog van R10 000 vrygelaat op voorwaarde dat sy vir sielkundige waarneming na die Valkenberg- psigiatriese hopsitaal in Observatory gaan.

Die voorval het verlede week Vrydagaand by die egpaar se huis in Tabelview gebeur. Die polisie het kort na die voorval bekendgemaak ‘n 60-jarige vroulike verdagte is in hegtenis geneem. Haar naam en identiteit is die Maandag bekendgemaak toe sy in die Kaapstad-landdroshof verskyn het.

Mientel was verlede week ingevolge die Wet op Geestesgesondheid na die Somerset Wes-hospitaal vir 72-uur waarneming gestuur omdat sy ma bewering selfdoodneigings gehad het.

‘n Vriend van Mientel het aan Rapport vertel haar jonger suster het jare gelede ook haar eie lewe geneem. Die gesin was glo baie geheg aan mekaar.

LEES OOK: Advokaat se vrou nou van moord aangekla

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *