Vermeende plunderaar onder ineengestorte struktuur gevind

‘n Man, vermoedelik 30 jaar oud, was onder die puin vasgekeer.

Vermeende plunderaar onder ineengestorte struktuur gevind

Vermeende plunderaar onder ineengestorte struktuur gevind Foto: Emer-G-Med KZN, facebook

PINETOWN. – Emer-G-Med KwaZulu-Natal is ontbied nadat ‘n besigheidseienaar vermoed het daar is iemand, vermoedelik ‘n plunderaar, vasgekeer onder ‘n struktuur wat vroeër die week ineengestort het.

Emer-G-Med berig ‘n vragmotor het tydens die onlangse plundering in ‘n struktuur vasgery en dit het ineengestort. Dié besigheidseienaar het ondersoek ingestel en gesê daar is iemand onder die ineengestorte struktuur.

“Ons gespesialiseerde soek- en reddingseenheid sowel as ons mediese reaksie-eenheid het op die toneel saam met die polisie se soek- en reddingseenheid gewerk,” berig Emer-Med.

‘n Man, vermoedelik 30 jaar oud, was onder die puin vasgekeer. Hidrouliese reddingsgereedskap is gebruik om hom te bevry. Nadat hy bevry is, is hy dood verklaar.

“Daar word geglo dat die man ‘n plunderaar was en vasgekeer is toe die struktuur vroeër in die week ineengestort het.”

LEES OOK: Advokaat se vrou wou glo dié aand haarself skiet

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *