Onluste – 20 mense in Phoenix dood, nog polisielede word ontplooi

“Inwoners het die reg om hulself binne die wet te verdedig.”

Onluste - 20 mense in Phoenix dood, nog polisielede word ontplooi

Onluste - 20 mense in Phoenix dood, nog polisielede word ontplooi Foto: Times Live

DURBAN. – Bheki Cele, minister van polisie, sê ‘n span van tien speurders is aangestel om die dood van 20 mense tydens die onluste en geweld in Phoenix, noordwes van Durban, te ondersoek.

Cele het gister tydens sy besoek aan Phoenix die inwoners aangemoedig om nie toe te laat dat kriminele hulle veiligheid van hul wegneem nie.

Cele praat oor 20 mense wat dood is tydens onluste

“Inwoners het die reg om hulself binne die wet te verdedig. As mense probeer om toegang tot Phoenix te kry, insluitende die polisie, word hulle geïntimideer, aangerand en in uiterste gevalle geslaan. Hulle motors word deursoek en aan die brand gesteek. Dit sal nie geduld word nie. Die polisie sal nie met misdadigers onderhandel nie. Dié wat hierdie kriminele dade pleeg, sal gevind en vervolg word, ongeag wie dit is en waar hulle vandaan kom.”

Tagtig polisiebeamptes is ontplooi om die plaaslike polisie by te staan en saam met lede van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag te werk om alle inwoners en eiendom veilig te hou. Die span ondersoekers sal ook hul werk toespits op die beweerde betrokkenheid van plaaslike polisielede en private sekuriteitsmaatskappye by die geweld in die gebied.

LEES OOK: Advokaat se vrou wou glo dié aand haarself skiet

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *