Somerset-winkelsentrum Saterdag gesluit na ‘dreigement’

Die besluit is in die beste belang van hulle kopers, winkelpersoneel en sentrumpersoneel geneem.

Somerset-winkelsentrum Saterdag gesluit na 'dreigement'

Somerset-winkelsentrum Saterdag gesluit na 'dreigement' Foto: Somerset Mall, Facebook

WES-KAAP. – Somerset-winkelsentrum het besluit om die hele sentrum Saterdag te sluit na gerugte die rondte doen dat plunderings en optogte in die Strand en Lwandle bepland word.

Somerset Mall het die kennisgewing op hulle Facebook-blad geplaas. Volgens die sentrum maak hulle vandag 17:00 toe en sal dan eers weer Sondag om 10:00 oopmaak. Hulle sê verder die besluit is in die beste belang van hulle kopers, winkelpersoneel en sentrumpersoneel geneem.

“Ons heropening sal onderhewig wees aan ‘n hersiening van enige dreigende gevaar. Veiligheid is ons prioriteit en ons tree in die beste belang van die publiek en personeel op.”

Sien die inskrywing van die Somerset-winkelsentrum hier:

LEES OOK: KYK: Man se harde werk van drie jaar binne ure vernietig

LEES OOK: Horner-moordsaak lei tot inhegtenisneming van vyf polisielede

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *