‘Hierdie aanval was beplan,’ sê die president oor Gauteng en KZN

Die president het beklemtoon alles sal gedoen word om die mense wat agter die beplanning van hierdie plundergeweld sit, te vind en te vervolg.

'Hierdie aanval was beplan,' sê die president oor Gauteng en KZN

'Hierdie aanval was beplan,' sê die president oor Gauteng en KZN Foto: Financial Times

Die president Cyril Ramaphosa het vanaand in sy toespraak gesê hy het vandag KwaZulu-Natal besoek waar plundergeweld en onluste die laaste paar dae plaasgevind het. Volgens die president is dit nou duidelik dat die gebeure die afgelope week “niks minder as ‘n doelbewuste, gekoördineerde en goed beplande aanval op ons demokrasie was nie.”

“Baie mense van die land is deur die mense agter die onluste aangemoedig om deel te wees van die geweld.”

212 mense het al hulle lewens as gevolg van die onluste verloor. 131 sake van moord word ondersoek. 2 515 is al in hegtenis geneem. 118 voorvalle van openbare geweld, brandstigting, plundering en ander gevalle is aangeteken. 161 winkelsentrums, 11 pakhuise, agt fabrieke en 161 drankwinkels is geplunder en sommige is heeltemal vernietig,

Die president sê hy het talle mense gesien wat saamstaan en strate skoonmaak, ook mense wat hulle lewens weer probeer bou. Volgens Ramaphosa is die mense gereed om weer saam met die regering stabiliteit en rustigheid in die land te herstel. Die president sê verder in meeste dele van die twee provinsies, KwaZulu-Natal en Gauteng, is dinge weer besig om rustig te word.

President Cyril Ramaphosa sê 25 000 weermaglede word ontplooi

“As hierdie regering moet ons erken dat ons swak voorbereid was op ‘n georganiseerde veldtog van openbare geweld, vernietiging en sabotasie van hierdie aard.” 25 000 lede van die weermag word ontplooi om die polisie in hierdie tyd te ondersteun. 10 000 weermaglede is reeds ontplooi, die ander sal oor die naweek aanmeld.

“Ek wil julle verseker daar is geen tekort aan voedsel nie. Moenie deel wees van paniekaankope nie, dit gaan die situasie selfs erger maak.”

Die president het beklemtoon alles sal gedoen word om die mense wat agter die beplanning van hierdie vandalisme en plundergeweld sit, te vind en te vervolg. Volgens die president sal ’n noodtoestand slegs aangekondig word as daar geen ander oplossings is nie.

LEES OOK: KYK: Man se harde werk van drie jaar binne ure vernietig

LEES OOK: KYK: KZN-premier in die sop na hy plunderaar op video slaan

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *