SUID-AFRIKA. – Brood wat eens volop in winkels te koop was, is deesdae ‘n skaars item vir mense in Gauteng en KwaZuluNatal nadat onluste en geweld al dae lank hier woed.
Tiger Brands gaan vir eers nie Albany-brood in KwaZulu-Natal bak nie. Die provinsie se bakkerye is tans gesluit. As gevolg hiervan sal brood ook nie in die provinsie vervoer kan word nie. Die handelsmerk sê aan Netwerk24 hulle sukkel ook in Gauteng omdat baie winkels as gevolg van plundering gesluit het.
Bak van brood word gestaak
Tiger Brands sê hulle afleweringskanale word onderbreek deur die onluste in KwaZulu-Natal en Gauteng. Hulle het dus die besluit geneem om eers weer die bakkery te hervat sodra alles bedaar het en onder beheer is.
Netwerk24 berig verder die handelsmerk gee prioriteit aan hulle werknemers se veiligheid. Hulle voel daar waar hulle werknemers se veiligheid in gevaar gestel word, sal hulle hulle bedrywighede staak.
LEES OOK: Brandstoftekort dalk SA se voorland indien onluste voortduur
LEES OOK: KYK: Polisie keer mense wat Kimberley-bottelstoor ‘wil plunder’
Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.



