Seuntjie (3) sterf na roetinebesoek aan die tandarts

Deel hierdie storie / Share this story

KANSAS. – ‘n Driejarige seuntjie het tydens ‘n besoek aan die tandarts gesterf, nadat hy blykbaar ‘n reaksie op medikasie gehad het terwyl sy tande getrek is.

Die seuntjie se ma vertel sy het klein Abiel Valenzuela Zapata verlede week na die tandarts geneem omdat hy ‘n infeksie in een van sy tande gehad het. Abiel was ontsteld en het gehuil terwyl hy in die tandarts se stoel gelê het. Sy ma het hom probeer kalm hou en aan hom gesê alles sal “oukei” wees.

Seuntjie se pols begin stadiger klop by tandarts

Ongeveer drie minute nadat die seun verdoof is en die tandarts reeds besig was om aan sy onderste kakebeen te werk, het die kind se pols al hoe stadiger begin klop. Sy wang het ook begin swel. KPR is dadelik op die kind toegepas waarna daar met hom na ‘n hospitaal gejaag is. Hy is later oorlede.

“Ons sou nooit kon dink dat die afspraak so sou eindig nie,” sê die ma aan internasionale media. Daar word geglo die kind het ‘n reaksie gehad op die medikasie wat tydens die tandheelkundige prosedure gegee is.

“As ‘n ma voel ek dat ek hom in die steek gelaat het omdat ek niks gedoen het om hom te beskerm nie.”

LEES OOK: Kleuter verdrink in bad toe ma vir oomblik uit badkamer gaan

LEES OOK: Pitbull val vrou aan wat met hond stap

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.