September 16, 2021

Gemeenskapskoerant binnekort beskikbaar!

KIMBERLEY. – Kimberley is uitgehonger vir ‘n gemeenskapskoerant wat fokus op positiewe, inspirerende, plaaslike nuus.

Waar kan jy adverteer wat bekostigbaar is, as jy ‘n klein sakeonderneming het wat nie ‘n groot bemarkingsbegroting het nie?

Kimberley Community Co. is jou antwoord!

Dottry Media (Pty) Ltd., wat die uitgewer is van FiND iT en Moomie, begin nou gemeenskapskoerante regoor die land. Die eerste een is vir Kimberley.

Nuus oor jou, van jou. Kimberley Community Co. wil jou nuus hoor, wil dit vertel, wil weet watter produkte jy verkoop, hoe mense jou kan kontak.

Koerant-formaat op jou foon

Die formaat is PDF, wat direk aan lesers gestuur word via Whatsapp en Telegram groepe. Dit lyk nes ‘n gedrukte koerant. Kimberley Community Co. gaan spesifiek sy lesers dryf op Telegram, omdat dit groter groepe kan akkommodeer.

Spotgoedkoop vir klein ondernemings

Rudi Ferreira, bedryfsbestuurder van Dottry Media (Pty) Ltd., sê hy sien daagliks die gaping in die mark. “Covid het almal hard geslaan. FiND iT is ‘n fantastiese bemarkingsvoertuig vir ondernemings, maar is baie duur. FiND iT self het gegroei tot 2 miljoen lesers landwyd en nou kan ons vanaf FiND iT se platform gemeenskapskoerante dryf.

“Die idee is juis dat élke persoon die geleentheid het, om deur so ‘n magtige bemarkingsvoertuig, nou ook ‘n plek te hê om te adverteer. My agtergrond is spesifiek as advertensie-bestuurder en my hart lê nog altyd by gemeenskappe. Die Glitter-tydskrif, byvoorbeeld, het ‘n groot leemte gelaat in die Kimberley-gemeenskap. Ons wil daardie adverteerder nou die geleentheid gee om weer sy advertensies te laat lewe.”

Gratis en geen “paywall”

Ferreira verduidelik die aanlynkoerant is op ‘n ander vlak. “Ons is baie opgewonde oor ons produk. Elke liewe bladsy kan jy op klik en dit kan jou of na die artikel toe neem om meer te lees of na die besigheidseienaar se bladsy, Facebookblad of ander sosiale media blaaie. Plus, dis GRATIS. Ons sien dat groter sosiale media platforms basies kan besluit wie jou inhoud lees. Het jy dit geweet? Nou bou ons vir jou ‘n leserstal wat nie beheer word deur enige sosiale media platform nie, maar slegs daardeur gebou word.”

Die advertensiekoste is hierby aangeheg en is spotgoedkoop. Die koerant is slegs 44 bladsye groot en daarom moet jy vinnig spring as jy ‘n spasie wil hê. Bel Ferreira nou by 071 686 7200 om jou plek te bespreek.

SLUIT HIER AAN BY DIE KIMBERLEY COMMUNITY CO. TELEGRAM-GROEP.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *