Zuma-optogte: 300 al in hegtenis

Deel hierdie storie / Share this story

Luidens ‘n verklaring wat Sondag deur genl.-maj. Mathapelo Peters uitgereik is, het die polisie al 300 mense in hegtenis geneem in verband met die Zuma-optogte in KZN.

Dié verdagtes is in hegtenis geneem oor hulle die M2-snelweg versper het. Minstens 25 trokke was teen Saterdagoggend al aan die brand gesteek en ‘n aantal winkels is in Jeppestown geplunder. Ongeveer R100 miljoen se skade is reeds aangemeld.

Groot groepe Zuma-ondersteuners het sedert Vrydag in KwaZulu-Natal bymekaargekom ná die hof oudpres. Jacob Zuma se aansoek geweier het en met gewelddadige optogte begin. Verskeie paaie in die gebied is versper.

Na wat berig word, versprei die protesaksie nou reeds na Gauteng.

Verskeie polisiebeamptes ontvang tans mediese behandeling na van die betogers op hulle geskiet het. Volgens Peters word 16 van die mense wat in hegtenis geneem is verbind met dié skietvoorval.

Luidens Peters se verklaring was die polisielede op pad na ‘n winkel in Alexandra toe hulle inligting ontvang het van ‘n groep betogers wat daar winkels plunder. Die groep van ongeveer 800 mense het die polisie toe aangeval, wat tot ‘n skietery gelei het.

Hou FiND iT dop vir meer hieroor.

Lees ook: KYK: Chaos in KZN na hof Zuma se aansoek weier

Lees ook: Jong ma en bab sterf aan Covid-19

Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.

As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].

FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.

FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.