Die National Liquors Traders Council (NTLC) het namens die drankbedryf in ‘n brief aan pres. Cyril Ramaphosa gevra om die drankverbod gedeeltelik te lig.
President Cyril Ramaphosa het op 27 Junie aangekondig Suid-Afrika word op aangepaste vlak 3 van inperking geplaas tot op 11 Julie.
Hy het gesê alkoholverkope word glad nie in dié tydperk toegelaat nie.
Met verwagtinge dat vlak vier van inperking nou moontlik verleng kan word, het die drankbedryf die regering gesmeek om die huidige verbod op alkoholverkope te lig.
Die NTLC het Saterdag in ‘n verklaring gevra dat Ramaphosa drankverkope vir sjebiens en tavernes van Maandae tot Sondae tussen 10:00 en 18:00 toe te laat, en drankwinkels Maandae tot Vrydae van 10:00 tot 18:00 toe te laat om alkoholverkope vir tuisgebruik toe te laat.
“Ons as bedryf is op ons knieë. Ons het vir baie maande baie swaar gekry oor die afgelope jaar toe baie van ons lede nie genoeg geld gemaak het om ‘n lewe te maak nie,” het Ntimane gesê
“Ons let met kommer na die stygende
aantal Covid-19-verwante hospitalisasies en positiewe toetse van regoor die land. Ons weet dat ernstige maatreëls nodig is.”
“Uit vorige ondervinding met die land se reaksie op die pandemie, blyk dit dat dit moontlik is vir die drankbedryf om aan te hou om drank te verkoop, onder streng voorwaardes.”
Lees ook: ‘Ramaphosa moet ingryp in KZN,’ sê VF Plus-leier
Lees ook: Zuma se inhegtenisname ‘n ‘hartseer oomblik’, sê Cyril
Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.
As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].
FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.
FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.



