“Ons is bewus van gerugte dat die bekende Johnny Temm van Kimberley oorlede is. Hierdie gerugte is nie waar nie,” skryf Marnélle McDillon op Facebook oor gerugte wat ‘n rukkie gelede in Kimberley versprei is.
McDillon skryf dat sy egter met Temm se familie in kontak was en dat sy verneem dat hy met kanker gediagnoseer is en onlangs ‘n ernstige beroerte gehad het.
“Hulle is op soek na enige vorm van ondersteuning,” skryf sy. “Johnny Temm het geen wintersklere nie, nie eers kouse nie. Hy dra ongelukkig nou doeke en kan nie meer loop nie. Daar is ook ‘n groot uitdagings as dit kom by die tekort aan kos by die plek waar hy woon.”
McDillon sê Temm se versorger is ‘n 78-jarige pensioenaris.
As jy op enige manier ‘n bydrae wil lewer om Temm te help, skakel McDillon by 065 935 9976.
Lees ook: Zuma se inhegtenisname ‘n ‘hartseer oomblik’, sê Cyril
Lees ook: ‘Ramaphosa moet ingryp in KZN,’ sê VF Plus-leier
Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.
As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].
FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.
FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.



