Lees ook: ‘Downsindroom-aborsiewet respekteer nie my lewe nie’

‘Downsindroom-aborsiewet respekteer nie my lewe nie’
22 hours ago Caria van der Merwe

‘Downsindroom-aborsiewet respekteer nie my lewe nie’ (Foto: BBC)
‘n Vrou met Down-sindroom wat teen die aborsiewet in Engeland is en ‘n saak teen die regering aanhangig gemaak het, sê die wet “respekteer nie my lewe nie’”.
Die 26-jarige Heidi Carter van Coventry is een van drie eisers wie se saak teen die Engelse regering Dinsdag in die hooggeregshof begin het.
Volgens wet mag swangerskappe met fetusse met Down-sindroom nog tot op geboorte getermineer word.
FiND iT het voorheen berig daar is tans ‘n 24-week tydslimiet aan aborsies gekoppel, tensy “daar ‘n groot risiko is dat die kind fisiese of geestelike probleme gaan hê en hy of sy daarom gestrem gaan wees”. Carter het volgens BBC News vroeër aan die gesondheidsekretaris geskryf dat alle gestremdhede wat nie tot die dood lei nie, ook tot 24 weke beperk moet word.
Jason Coppal, die eiser se advokaat, het in die hof gesê sy kliënt “glo dit is moreel en eties verkeerd om ‘n lewe op grond van ‘n gebrek te beëindig”.
“Ek wil die wet en mense se siening oor Down-sindroom verander. Ek wil hê hulle moet na my kyk en sê ‘Dis ‘n normale mens’.” – BBC



