Hof toe oor aborsie van Down-sindroom-babas

Sy wil graag vir die wêreld wys dat mense met Down-sindroom nie ‘n minder vol lewe het nie.

Hof toe oor aborsie van Down-sindroom-babas (Foto: BBC)

Hof toe oor aborsie van Down-sindroom-babas (Foto: BBC)

ENGELAND. – Heidi Carter (25), wat Down-sindroom het, sê die regering in Wes-Londen se wetgewing oor Down-sindroom-babas wat tot die dag van geboorte nog geaborteer mag word, is “onregverdig”.

Carter het die regering hooggeregshof toe gesleep oor dié wetgewing. Die saak kom op 6 en 7 Julie in die hof voor.

Daar is tans ‘n 24-week tydslimiet aan aborsies gekoppel, tensy “daar ‘n groot risiko is dat die kind fisiese of geestelike probleme gaan hê en hy of sy daarom gestremd gaan wees”.

Carter het volgens BBC News vroeër aan die gesondheidsekretaris geskryf dat alle gestremdhede wat nie tot die dood lei nie, ook tot 24 weke beperk moet word.

“‘n Baba sonder Down-sindroom kan net tot op 24 weke geaborteer word, maar ‘n baba soos ek kan tot op geboorte geaborteer word. Dis blote diskriminasie,” sê Carter. “Mense moenie anders behandel word as gevolg van hulle gebreke nie.”

Carter verduidelik die rede waarom die saak vir haar so belangrik is, is omdat sy graag vir die wêreld wil wys dat mense met Down-sindroom nie ‘n minder vol lewe het nie.

Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.

As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].

FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.

FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *