KYK: Boervrou moker dief wat selfoon probeer steel

Deel hierdie storie / Share this story

Bernadine van Wyk (25), ‘n boervrou van Ottosdal in Noordwes, het ‘n dief les laat opsê toe hy Woensdagoggend haar selfoon uit haar hand probeer gryp het.

Netwerk24 het ‘n video gepubliseer van Van Wyk wat met haar selfoon en haar sleutel in haar hand loop toe ‘n man in ‘n geel mus op haar afstorm en probeer om haar selfoon by haar te vat. In pleks van om weg te hardloop of haar selfoon prys te gee, slaan sy hom ‘n paar keer op die kop.

Dié boervrou was volgens Netwerk24 in Klerksdorp om produkte by ‘n slaghuis af te lewer toe die voorval plaasgevind het.

Die voorval is op kringtelevisie vasgevang en later op sosiale media gedeel.

“Ek kom van die plaas af, so daar is bitter min dinge wat my bang maak. Niks kan my onderkry nie,” vertel Van Wyk. – Netwerk24

Lees ook: Trump dagvaar Facebook, Twitter, Google oor vryheid van spraak

Lees ook: Amptenaar vas oor foto’s van Zuma in die tronk

Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.

As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].

FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.

FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.