Trump dagvaar Facebook, Twitter, Google oor vryheid van spraak

Deel hierdie storie / Share this story

Donald Trump dagvaar Google, Facebook en Twitter op grond van oortreding van die wet op vryheid van spraak.

Trump, oudpresident van Amerika, het Mark Zuckerberg, grootbaas van Facebook, Jack Dorsey, grootbaas van Twitter en Sundar Pichai, Google se hoof, gedagvaar.

Trump tree op namens ander gebruikers wat beweer dat sensuur op hulle toegepas word op Facebook, YouTube, Twitter en Google.

Trump het tydens ‘n mediakonferensie gesê hy sal ‘n “geskiedkundige oorwinning” vir vryheid van spraak en Amerikaanse vryheid behaal. – Reuters

Lees ook: Amptenaar vas oor foto’s van Zuma in die tronk

Lees ook: Zuma sal ‘dieselfde’ behandel word as ander gevangenes

Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.

As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].

FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.

FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.