September 16, 2021

Vrou wat baba glo in rivier gooi, open eers saak van ontvoering

Na ‘n intensiewe ondersoek het die polisie Mokoena ondervra en sy het glo erken dat sy die misdaad gepleeg het.

Vrou wat baba glo in rivier gooi, meld eers baba as vermis aan

Vrou wat baba glo in rivier gooi, meld eers baba as vermis aan Foto: SAPS

GAUTENG. – ‘n Vrou (28) het in die landdroshof in Garankuwa verskyn omdat sy na bewering haar baba van een maand oud vermoor het en haar liggaam in ‘n rivier gegooi het.

Miemie Mokoena (28), het op 26 Junie 2021 na bewering die polisie na haar huis op Hebron ontbied en ‘n saak van ontvoering geopen. Sy het glo aan die polisie gesê twee mans wat met ‘n mes en ‘n vuurwapen gewapen was, het by haar huis aangekom en haar baba weggeneem. Die twee was na bewering op soek na haar kêrel.

Vrou wat baba glo in rivier gooi, verskyn dan weer

Voorlopige polisieverslae het onthul dat ‘n jong meisie op 27 Junie 2021 verby ‘n rivier op Hebron geloop het en ‘n lewelose liggaam van ‘n baba in die water sien dryf het. Daarna het sy die saak by lede van die gemeenskap aangemeld, wat die polisie later in kennis gestel het.

Na ‘n intensiewe ondersoek het die polisie Mokoena ondervra en sy het glo erken dat sy die misdaad gepleeg het. Sy word aangekla vvan moord en regsverydeling.

Die saak is uitgestel tot 19 Julie 2021 vir die borgtogaansoek. Mokoena sal in polisie-aanhouding bly tot haar volgende hofverskyning.

LEES OOK: Pitbull val vrou aan wat met hond stap

LEES OOK: Veloorplanting vir 7 maande oue baba na fratsongeluk met haardroër

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *