Die Mej. Suid-Afrika top 30 deelnemers is aangekondig. Die Mej. Suid-Afrika top 30 is ‘n indrukwekkende en diverse groep vroue. Onder hulle is ‘n dokter, ‘n prokureur, ‘n kommersiële vlieënier, modelle en studente. Die eerste transgender vrou, Lehlogonolo Machaba van die Noordwes, wat openlik aan die Mej. Suid-Afrika-kompetisie deelneem, is ook onder die finaliste.
Kom van alle provinsies
Twaalf van die Mej. Suid- Afrika top 30 deelnemers is van Gauteng, sewe van die Wes-Kaap, vier van KwaZulu-Natal, drie van die Oos-Kaap, twee van die Vrystaat en een van Noordwes en een van Limpopo.
Kyk hier na die aankondiging van die Mej. Suid-Afrika top 30 deelnemers:
Lees ook: Maak só vetkoek met gekoopte brooddeeg



