Artritismedikasie ‘verminder kanse om aan ventilator gekoppel te word’

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Studie is onlangs op amper 11 000 Covid-19-pasiënte in 28 lande gedoen om die reaksie van ‘n spesifieke artritismedikasie te bestudeer.

Die studie het getoon die gebruik van tocilizumab en sarilumab laat die aantal mense wat aan ventilators gekoppel moet word en sterf as gevolg van Covid-19 afneem. Die studie het in die Journal of the American Medical Association verskyn en het die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) versoek om die gebruik van die medisyne, ook bekend as IL-6-remmers, aan te beveel. Volgens die studie kan kortikosteroïede ook vir pasiënte met ernstige of kritieke Covid-19-simptome gebruik word.

Professor voel artritismedikasie moet versprei word

Manu Shankar-Hari, ‘n professor aan King’s College in Londen het in ‘n onderhoud aan AFP gesê die navorsing lewer “definitiewe bewyse” ten gunste van die middels nadat vroeëre studies gemengde resultate opgelewer het.

Daar word verder berig onder Covid-19-pasiënte wat in die hospitaal opgeneem is, het die toediening van een van die bogenoemde middels saam met kortikosteroïede die risiko van dood met 17% verminder. Shankar-Hari sê verder hy hoop dat wêreldwye organisasies soos die WGO nou toegang tot die middels kan verbeter. Hy voel die medikasie kan dan versprei word.

LEES OOK: Lambda-variant: hoe vergelyk dit met die Delta-variant?

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.