JOHANNESBURG. – Die vegtertjie, Mackenzie Friedman, wat onlangs met akute limfoblastiese leukemie gediagnoseer is, benodig skenkings van beenmurg en bloed. Die klein dogterjie het reeds al baie mense geïnspireer om bloed te skenk en ook as ‘n beenmurgskenker te registreer.
“Ses maande van jou, Mackenzie Paula Friedman. Die beste, dapperste, mooiste dogter, kleindogter, niggie en vriend waarvoor ons kon vra. Ons kon nie meer trots wees nie, gogo. Vandag is nie heeltemal hoe ma en pa jou halwe verjaarsdag sou wou spandeer nie, maar jy moet die rustigheid en stilte geniet terwyl jy kan, want jou volgende mylpaal gaan die 1ste verjaardagpartytjie van die eeu wees! Ons is lief vir jou met ons hele hart dapper meisie.” So lui ‘n plasing op Mackenzie se Facebook-blad.

Die vegtertjie het kort voor sy ses maande oud geword het, ‘n operasie gehad om ‘n vergroeisel in haar long te verwyder. Mackenzie is terug in die intensiewesorgeenheid besig om te herstel. Noudat die groeisel verwyder is, kan haar herstel baie vinniger wees.
“Dinsdagaand (verlede week) het sy ‘n paar aanvalle gehad wat lyk asof dit infeksie en chemo-verwant was, en die dokters het Donderdag na ‘n CT-skandering ‘n abses in haar regterlong opgelet. Dit is goeie nuus dat dit gevind is, want dit blyk die rede vir haar voortdurende infeksies te wees en kan nou behandel word,” lui ‘n plasing op Mackenzie se Facebook-blad.
Sodra sy van die operasie herstel het, kan sy vir die volgende chemosessies kry.
Jy kan hierdie vegtertjie help, sy benodig beenmurg en bloed
As gevolg van die Covid-19-pandemie moes die byeenkomste vir die skenkings van beenmurg en bloed wat die vegtertjie benodig, gestop word. Daar is egter steeds ‘n manier hoe Mackenzie gehelp kan word.
Om bloedskenkings te maak, kan jy jou naaste SANBS-bloedbank besoek. As jy wil registreer om ‘n beenmurgskenker te word, kan jy dit hier of hier doen. Dit is verniet en daar is geen naalde betrokke nie.
Besoek Mackenzie se Facebook-blad hier.
lees ook: Vrou skenk geboorte langs pad, man glo nie sy’s in kraam



