TENNESSEE. – ’n Vrou het geboorte langs die pad geskenk nadat haar man nie heeltemal oortuig was sy is in kraam nie. ’n Babaseuntjie, Carson, is regs langs die 440-hoofweg in Tennessee gebore.
LEES OOK: Britney Spears se appèl teen voogdyskap afgekeer
Geboorte langs pad
Ryan Thompson, ’n UPS-drywer en sy vrou, Gayla, was op 16 Junie 2021 reeds op pad hospitaal toe, toe sy vir hom sê hy sal vinniger moet ry of langs die pad aftrek en die ambulans bel.
Thompson het eers gedink die situasie is nie so ernstig nie, aangesien hulle net 10 minute van die hospitaal af weg was.
“Ek het afgekyk en die klein mannetjie was reeds besig om te kroon.”
Dit is toe dat Thompson blitsvinnig van die pad afgetrek het en onmiddellik die ambulans gebel het.
Pappa vang baba
Die pappa het die voorreg gehad om sy eie seun tydens geboorte te vang.
“Dit was baie vreesjaend,aan maar terselfdertyd absoluut ongelooflik,” het Thompson aan Fox News gesê.
Die koord was om baba Carson se nek gedraai en hy was blou by geboorte. Gelukkig het hy minute later sy eerste gilletjie gegee nadat sy pappa sy mond en neus skoongemaak het.
“Dit was die mooiste klank in die wêreld.”
Minute later het die ambulans opgedaag en ma en baba na die hospitaal geneem.
LEES OOK: FOTO’S: Historiese oomblikke
Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.
As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].
FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.
FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.



