Britney Spears se appèl teen voogdyskap afgekeer

Deel hierdie storie / Share this story

Britney Spears se appèl teen haar voogdyskap is afgekeer. Dit volg nadat sy op 23 Junie 2021 ’n emosionele getuienis afgelê het.

LEES OOK: Mans wat deur vroue mishandel word

Britney Spears se pa word nie afgedank nie

Brenda Penny, die regter wat uitspraak oor haar saak gelewer het, het beveel Britney Spears se pa, Jamie Spears, moet in beheer van haar sake bly, met een klein verandering – Bessemer Trust sal saam met haar pa na Britney se sake omsien tot minstens September vanjaar.

Appèl geweier

In hofdokumente wat deur Fox News verkry is, staan dat die aansoek om haar pa met onmiddelike effek van die voogdyskap te verwyder en Bessemer Trust in bewind te stel, sonder vooroordeel geweier is.

In haar pleitdooi om die voogdyskap te beëindig, het Britney beweer sy is vir 13 jaar mishandel en getraumatiseer, soveel so dat sy nie eers alleen kon aantrek of selfs nog kinders mag hê nie.

Talle aanhangers en bekendes het hulle ondersteuning vir Britney uitgespreek. Britney het ook glo gesê sy weier om verder te werk of op te tree totdat haar pa verwyder is.

Britney Spears het nog glad nie op die nuus gereageer of ’n openbare verklaring uitgereik nie.

LEES OOK:

Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.

As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].

FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.

FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.