Mans wat deur vroue mishandel word

Deel hierdie storie / Share this story

Mans kan ook mishandel word. “Die feit dat ons nie mans as slagoffers of vroue as mishandelaars kan sien nie, het daartoe gelei dat ons probeer om ‘n halwe probleem op te los.” Dit is die woorde van ’n man wat vir jare deur sy meisie mishandel was.

LEES OOK: Kinderinstituut wil kindertoelaag met R10 verhoog hê

Deur meisie mishandel

“As ek terugkyk op my vroeë twintigerjare, voel ek bitter spyt. Die skade wat deur ‘n mishandelde eks-meisie aan my gedoen is, bly my al jare by.

“Dertig jaar later is die detail van die mishandeling nogsteeds in my gedagtes ingeprent. Ek onthou die liedjie wat op die radio gespeel het toe sy ‘n bord oor my kop gebreek het omdat ek laat by die huis aangekom het van die werk af. Die kleur van die mure, toe sy my vir ‘n ‘prettige tyd’ vasgemaak het en my seksueel aangerand het. Die herinnering aan haar donker wortels wat uitstaan teen haar blonde hare toe sy my probeer steek het omdat ek met ‘n ander meisie by ‘n partytjie gepraat het.”

Van familie afgesonder

“Maar baie van die klein dingetjies smelt nou saam – die manier waarop sy my van my familie afgesonder het, hoe sy my tyd en geld beheer het, hoe sy skielik ‘swanger’ geword het elke keer wat dit lyk asof ek haar gaan los, en hoe sy gemaklik geweld gebruik het, met die wete dat ek nie sal terugslaan nie.”

Een uit vier mans sal mishandeling ervaar

Deesdae word geweld teenoor mans meer algemeen, maar daar word steeds nie daaroor gepraat nie. Geweld teenoor mans is werklik en iets wat ernstig opgeneem moet word. Dit moenie langer geïgnoreer word nie.

Het jy geweet meer as een uit vier mans sal verkragting, geweld en/of teistering deur ’n vrouemaat ervaar?

Te skaam om te praat

Miljoene mans ervaar mishandeling deur ’n meisie of vrou in ‘n intieme verhouding. Baie min rapporteer dit egter omdat hulle bang is hulle sal nie ernstig opgeneem word nie. Hulle praat nie omdat hulle weet dat die samelewing, sowel as vriende en familie, hulle dalk sal bespot of skaam laat voel.

LEES OOK: Verlate plekke: Duncanville- openbare swembad

Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.

As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].

FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.

FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.