Sol Plaatje skakel afgesnyde kragtoevoer aan weens samedromming

Deel hierdie storie / Share this story

Sol Plaatje-munisipaliteit het pas bekendgemaak dat hy die kragtoevoer van huishoudings wat weens wanbetaling afgesny is, weer aanskakel ná ‘n groot groep mense Donderdagoggend by die munisipaliteit saamgedrom en weens die ignorering van sosiale afstand ‘n risiko vir die verspreiding van die koronavirus veroorsaak het.

Sol Plaatje skakel kragtoevoer weer aan

Sello Matsie, woordvoerder vir Sol Plaatje-munisipaliteit, het in ‘n verklaring gesê die munisipaliteit neem kennis van die groot groep inwoners wat by die munisipale kantore saamgedrom het oor elektrisiteit wat weens wanbetaling afgesny is.

“Ongelukkig het dit veroorsaak dat inwoners in groot getalle saamdrom, wat ‘n groot risiko is onder vlak 4-inperkingsmaatreëls.

“Daar is besluit om die geblokte elektrisiteitsrekeninge dadelik weer oop te maak.”

Verder sê Matsie die munisipaliteit probeer dat die skuldiges hulle geld betaal, aangesien die verskaffer dreig om dienste te stop.

“Ons is jammer vir die ongerief.”

Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.

As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].

FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.

FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.

Lees ook: Foto van gesondheidswerkers wyd versprei

‘n Foto van vermoedelik Namibiese gesondheidswerkers wat mekaar in die venster van ‘n hospitaal omhels en troos, het soos ‘n veldbrand op sosiale media versprei.