OOS-LONDEN. – ’n Vrou is hier skuldig bevind daaraan dat sy drie kinders forseer het om met mekaar seks te hê. Die vrou (21) is deur die streekhof in Oos-Londen skuldig bevind aan twee aanklagte van gedwonge verkragting en seksuele aanranding.
LEES OOK: Britney Spears se appèl teen voogdyskap afgekeer
Tussen 2016 en 2018 kinders forseer om seks te hê
Anelisa Ngcakani, woordvoerder vir die Nasionale Vervolgingsgesag van Suid-Afrika, sê die misdade het tussen 2016 en 2018 plaasgevind. Die vrou, wat 16 jaar oud was in 2016, het in Duncan Village, Oos-Londen, saam met haar ma en haar niggie, wat destyds ’n negejarige was, gewoon.
In een voorval het sy haar neef en hul twee buurkinders, ’n seun en ’n meisie, wat destyds albei 11 jaar oud was, laat pornografie kyk.
Gedwing
Verder het sy die seun by twee verskillende geleenthede gedwing om met die meisies seks te hê en pornografiese aksies op haar uit te voer.
Die saak is tot 16 Augustus 2021 vir vonnisoplegging uitgestel.
LEES OOK: FOTO’S: Historiese oomblikke
Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.
As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].
FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.
FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.



