‘Taxigeweld’ – sewe dood in verskeie skietvoorvalle

Deel hierdie storie / Share this story

KAAPSTAD. – Sewe mense is vanoggend dood tydens ‘n skietery, wat glo verband hou met taxigeweld, wat in verskeie dele van Kaapstad uitgebreek het.

“Dit bring die totale aantal taxi-moorde in die Wes-Kaap sedert die begin van die jaar tot op 71 te staan. Met pogings tot moord en beserings op 33 gedurende dieselfde tydperk,” sê Ntomboxolo Makoba-Somdaka, woordvoerder van minister Daylin Mitchell.

“Taxigeweld” tussen mededingende taxi’s

“Amptenare van vervoer en openbare werke saam met amptenare van die departement van gemeenskapsveiligheid, woon tans ‘n noodvergadering van die komitee vir vervoerprioriteit by. Die polisie en ander owerhede is ook daar om ooreen te kom op ‘n geïntegreerde regeringsbenadering om die kalmte te herstel en die oortreders vas te trek.”

Die polisie ondersoek skietvoorvalle by die Bellville-taxistaanplek, De La Rey-, Duinefontein- en Weltevredenweg. FC van Wyk, polisiewoordvoerder, sê daar is ook berigte oor skietvoorvalle in die Du Noon-omgewing in Milnerton.

Daar word beweer die bakleiery is tussen die twee mededingende taximaatskappye CATA en Codeta.

LEES OOK: VIDEO: Vyf vas na man in parkeerarea geskop, geslaan word

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.

Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.

As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].

FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.

FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.