‘Ek is nie ‘n vyand van die gereg nie,’ sê Zuma

Deel hierdie storie / Share this story

“Niemand kan my daarvan beskuldig dat ek ‘n vyand van die gereg is nie. Ek wil die probleem vreedsaam oplos.” Só het oudpresident Jacob Zuma Sondag in sy toespraak aan die media en sy ondersteuners by Nkandla gesê.

Dié mediakonferensie volg ná die konstitusionele hof ingestem het om oudpresident Jacob Zuma se aansoek vir die tersydestelling van sy skuldigbevinding aan te hoor.

Zuma het die hof gevra om die aansoek te heroorweeg omdat hy nie ‘n kans gegun is om ‘n getuienis ter versagting van sy vonnis te lewer nie.

“Suid-Afrika se demokrasie moet verseker dat niemand ooit weer sonder ‘n regverdige verhoor toegesluit sal word nie,” het hy tydens die konferensie gesê.

Kyk hier na wat hy verder gesê het.

Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.

As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].

FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.

FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.