KYK: Oudpres. Jacob Zuma hou mediakonferensie

Deel hierdie storie / Share this story

Oudpres. Jacob Zuma het Sondagaand om 18:00 ‘n mediakonferensie by sy woning op Nkandla gehou.

Die konstitusionele hof het Jacob Zuma Dinsdagoggend skuldig bevind aan minagting van die hof en tot 15 maande tronkstraf gevonnis.

Zuma het ‘n aansoek gebring om sy skuldigbevindig tersyde te stel. Dié aansoek word op 12 Julie aangehoor.

Hy is intussen ‘n vry man.

‘n Groot aantal van Zuma se aanhangers het sedert Woensdag op Nkandla saamgedrom.

Bheki Cele, minister van polisie, het Maandag gesê die rede waarom die polisie nié by die samedromming ingegryp het nie, is om “bloedvergieting te voorkom”. Lees meer hier.

Kyk hier na die mediakonferensie:

Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.

As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].

FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.

FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.