BRITTANJE. – Die vrou in ‘n geel baadjie wat ‘n massabotsing van fietsryers by die Tour de France veroorsaak het, is in hegtenis geneem en in aanhouding.
BBC-nuus het vroeër die week berig die polisie sê hulle het ‘n strafregtelike ondersoek van stapel gestuur. Hulle beoog om die vrou aan te kla dat sy “doelbewus die veiligheidsregulasies oortree het en beserings veroorsaak het wat iemand tot drie maande kan verhoed om te werk”.
Dit is nog nie duidelik onder watter omstandighede sy in hegtenis geneem is nie, aangesien verskeie plaaslike media verskillende weergawes het. Party beweer daar is ‘n beroep op ooggetuies gedoen waarna die persoon geïdentifeer, opgespoor en in hegtenis geneem is, terwyl ander berig sy het haarself aan die polisie oorgegee.
Video’s van die voorval word sedertdien oral op siosiale media gedeel.
LEES OOK: KYK: Tour de France, polisie op soek na vrou wat groot botsing veroorsaak
Hou FiND iT dop vir die nuutste nuus.
Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.
As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].
FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.
FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.



