‘n Gesin van vier het Donderdag in ‘n huis in Victoriastraat in Bloemfontein doodgebrand.
Volgens kol. Thandi Mbambo, Vrystaatse polisiewoordvoerder, het die polisie om 05:00 Donderdagoggend ‘n oproep ontvang oor ‘n huis wat besig is om af te brand.
“Toe die polisie op die toneel aankom en die brandweer die vuur geblus het, het hulle die gesin van vier se liggame gevind.”
Volgens Mbambo het die 56-jarige pa en die 50-jarige ma geen sigbare beserings gehad nie, maar die 17-jarige meisie en 14-jarige seun het steekwonde gehad. Hulle kele was afgesny.
Voorlopige ondersoek dui daarop dat daar geen ongemagtigde toegang was nie, maar die ondersoek duur voort.
Sake van moord en brandstigting is geopen.



