Kleuterskole en vroeë kinderontwikkelingsdienste kan nou nodige aandag geniet

Deel hierdie storie / Share this story

Kleuterskole en vroeë kinderontwikkelingsdienste en -programme sal vanaf April 2022 vanaf die departement van maatskaplike ontwikkeling na die departement basiese onderwys (DBO) verskuif. Dit volg nadat die kennisgewing gister in die Staatskoerant gepubliseer is. 

LEES OOK: Atlete se borsvoedende kinders mag saamgaan Olimpiese Spele toe

Vroeë kinderontwikkelingsdienste en -programme speel kritieke rol

Vroeë kinderontwikkelingsdienste en -programme het ’n kritieke rol om te speel in die opvoeding en basiese ontwikkeling van sekere vaardighede wat kinders benodig alvorens daardie kind skool toe kan gaan. Dit maak dus sin dat hierdie sektor by basiese onderwys ingesluit moet word. Die skuif in administratiewe regte, bevoegdhede en funksies van dié sektor vind amptelik op 1 April 2022 plaas.

Solidariteit verheug oor skuif van kleuterskole

Marisa Engelbrecht, sektorhoof van Solidariteit se maatskaplikewerkersgilde, sê Solidariteit is verheug en verwelkom die skuif.

“Ons is verheug oor die skuif van kleuterskole en ander vroeë kinderontwikkelingsdienste na die DBO. Ons ervaring is dat die departement van maatskaplike ontwikkeling nie doeltreffend bestuur word nie en dat dit nie funksioneel in die uitvoer van sy take en verpligtinge is nie. Dié departement versuim om in die belang van die sektore onder hom op tree, tot so ’n mate dat regsaksie teen hom gevoer moet word, byvoorbeeld met die oopmaak van kleuterskole tydens die pandemie. Dié departement se agting hiervoor is so min dat hy selfs versuim om in die hof te verskyn,” sê Engelbrecht.

Kleuterskole en vroeë kinderontwikkelingsdienste kan verdiende aandag geniet

Die skuif sal beteken dat kleuterskole en ander vroeë kinderontwikkelingsentrums nou die ondersteuning sal kry wat hulle verdien.

LEES OOK: Kinderinstituut wil kindertoelaag met R10 verhoog hê

Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.

As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].

FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.

FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.