TOKIO. – Borsvoedende atlete mag hulle kinders na die Olimpiese spele in Tokio saamneem. Die organiseerders van die Spele het aangekondig atlete se borvoedende kinders mag na die Spele toe gebring word mits nodig. Dit volg nadat hulle kritiek van ma’s oor die streng reëls ontvang het.
LEES OOK: Kinderinstituut wil kindertoelaag met R10 verhoog hê
Olimpiese Spele deeglik oorweeg
Die organiseerders het voorgegaan om in ‘n verklaring te sê die besluit is na deeglike oorweging geneem.
Kinders mag egter nie in die Olimpiese atletedorp bly nie en moet in privaat akkommodasie soos hotelle tuisgaan.
“Dit is inspirerend dat soveel atlete met jong kinders op die hoogste vlak kan deelneem.”
Wil atlete in staat stel
Die verklaring het bygevoeg dat hulle daartoe verbind is om alles moontlik te doen om atlete in staat te stel om aan die Tokio 2020-spele deel te neem.
Olimpiese Spele gaan voort
Die Olimpiese somerspele 2020 sal in die Japanse hoofstad tussen 23 Julie en 8 Augustus 2021 plaasvind.
Die Paralimpiese Spele vind tussen 24 Augustus en 5 September 2021 plaas.
Dit is verlede jaar weens Covid-19 uitgestel.
Baie noodbeperkings betreffende Covid-19, wat sedert einde April in die Japanse hoofstad ingestel is, is nou opgehef.
LEES OOK: Duisende lesers deur Covid-19 geraak
Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.
As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].
FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.
FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.



