‘n Vierjarige meisie van Motherwell is sedert 29 Junie vermis.
Zubenathi Mvunyiswa is om ongeveer 18:00 laas op 29 Junie gesien.
Volgens die polisie se inligting het Zubenathi se ma om 14:00 vir haar gesê sy moet gaan slaap. Die buurvrou het toe later vir haar gesê dat Zubenathi en haar niggie om 18:00 op ‘n speelgrond in die gebied gesien is. Toe hulle die twee meisies egter op die speelgrond gaan soek, was hulle nêrens te vinde nie.
Zubenathi se niggie is toe later die aand by ‘n huis gesien, maar Zubenathi was nie daar nie.
Die polisie doen ‘n beroep op die gemeenskap om na vore te kom met enige inligting oor waar Zubenathi kan wees.
Haar ma het geen foto’s van haar nie, maar ten tye van haar verdwyning het sy ‘n ligtepers baadjie, ‘n blou driekwartbroek en pienk sandale aangehad.
As jy enigiets weet van die vierjarige meisie wat vermis is, kontak kapt. Bruce Madubedube by 071 475 2385.
Lees ook: TikTok verwyder 7 miljoen minderjarige gebruikers
Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.
As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].
FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.
FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.



