NOORD-KAAP. – Nog ses verdagtes is gister in verband met geldwassery van R5.5 miljoen gedagvaar om in die hof te verskyn.
Dit kom nadat vier verdagtes reeds sewe maande gelede in November 2020 in hegtenis geneem is.
GWK is die benadeelde party in die saak.
LEES OOK: Atlete se borsvoedende kinders mag saamgaan Olimpiese Spele toe
Geldwassery, korrupsie en bedrog
Lt. Kol. Philandi Nkwalasie, woordvoerder vir die Valke, sê vyf addisionele verdagtes tussen die ouderdom van 32 en 59, asook ’n regspersoon (entiteit), moet in die hof verskyn na arrestasies wat Dinsdag uitgevoer is.
Johannes Lodewykus Kruger (60), Rudolph Kemp (47), George Wheeler (60) en Johannes Van Heerden (51), ten tyde van die misdryf van Griekwaland-Wes Koperatief Beperk (GWK), is in 2020 in hegtenis geneem en het op 1 Desember 2020 in die landdroshof op Douglas op aanklag van korrupsie, bedrog en geldwassery van R5,5 miljoen verskyn.
Sal in die hof verskyn
Nkwalasie sê die ses nuwe verdagtes sal op 22 Julie in die Kimberley-landdroshof se gespesialiseerde handelsmisdaadhof verskyn.
“Die verdagtes (destyds) van Griekwaland-Wes Kooperatief Beperk (GWK) het na bewering tussen 2014 en 2016 met ’n werknemer van AG Equipment Direct LLC (AG) saamgewerk en meer gekwoteer vir toerusting as wat nodig was. Die Valke kon vasstel dat ’n totaal van R5.5 miljoen deur die vermeende verdagtes gedeel is.”
LEES OOK: Mans wat deur vroue mishandel word
Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.
As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].
FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.
FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.



