Wat jy moet weet voor en na jou Covid-19-inenting

Deel hierdie storie / Share this story

Hier is ‘n paar dinge wat jy moet weet voor, gedurende en na jou inenting. Inentings begin al meer beskikbaar raak vir mense van regoor die wêreld en jy staan miskien volgende in die ry om joune te ontvang.

Wat jy moet weet voor jou inenting

Doen jou navorsing. Die media is vol fopnuus oor waarom jy die inenting behoort te neem of nié moet neem nie, waarom ander middels soos Ivermektien eerder gebruik moet word en ander boererate oor hoe om die virus te beveg. Doen self navorsing en gebruik bronne wat jy kan vertrou soos die Wêreldgesondheidsorganisasie of UNICEF.

Praat met ‘n dokter wat jy vertrou oor enige vrae of onsekerhede wat jy oor die inenting het.

Kyk mooi na jouself. Gebruik die dag voor die inenting om goed te rus en genoeg water te drink.

Lees ook: Skole heropen op 19 Julie

Wat jy moet weet gedurende jou inenting

Bly veilig. Volg steeds die nodige regulasies soos sosiale distansiëring. Dra jou masker en saniteer jou hande gereeld.

Kommunikeer. Praat met die gesondheidswerker oor enige allergiese reaksie wat jy al vantevore gehad het en oor kwessies soos of jy swanger is.

Hou rekord. Hou die registrasiepapiere van wanneer jy jou inenting ontvang het, jy weet nooit wanneer jy dit in die toekoms nodig sal hê nie.

Na jou inenting

Laat jou monitor. Gesondheidswerkers sal jou 15 minute na jou inenting monitor vir enige moontlike negatiewe reaksie op die inenting.

Weer voorbereid op newe-effekte. Dis normaal om sommige newe-effekte te ervaar na jou inenting. Jou arm kan dalk ‘n bietjie seer wees, jy kan koors, moegheid, kopseer of spierseerheid ervaar.

As enige van die newe-effekte ‘n paar dae na die inenting steeds voortduur, praat met jou dokter.

Lees ook: Só maak jy om te registreer vir jou inenting

Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.

As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].

FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.

FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.