Skole heropen op 19 Julie

Deel hierdie storie / Share this story

Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, het vandag aangekondig skole sal op 19 Julie, in plaas van 26 Julie, na die wintervakansie heropen.

Leerlinge sal Woensdag hul laaste dag van onderrig ontvang terwyl onderwysers en personeel tot Vrydag nog by die skole moet wees.

Sy het gesê haar sektor is dankbaar dat die kabinet ingestem het dat die onderwyssektor twee dae kry om ordentlik te sluit.

Skole kon nie oornag gesluit word nie, omdat sommige leerlinge in ander provinsies as waar hulle skoolgaan, woon, of in koshuise is.

Leerlinge behoort voor Vrydag 12:30 reeds die skoolterrein en koshuise te verlaat.

Tensy daar ‘n ingrypende verandering aan die situasie is, sal die skole op 19 Julie heropen.