Oud-president Jacob Zuma tronkstraf opgelê

Deel hierdie storie / Share this story

Oud-president Jacob Zuma is pas 15 maande tronkstraf opgelê vir minagting van die hof.

Jacob Zuma tot 15 maande gevonnis

Hoofregter Sisi Khampepe het Dinsdag in die hof se meerderheidsuitspraak gesê die konstitusionele hof het geen ander keuse as om oud-president Jacob Zuma ‘n vonnis van effektiewe tronkstraf op te lê nie.

Zuma is aan minagting van die hof skuldig bevind. Die hof het besluit 15 maande is ‘n gepaste vonnis.

Zuma het nou vyf dae om by die Johannesburg-Sentraal-polisiestasie aan te meld om sy vonnis te begin uitdien, en indien hy homself nie oorgee nie, sal hy binne drie dae na die verstryking van hierdie tydperk in hegtenis geneem word. Lees hier meer.

Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.

As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].

FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.

FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.