Sterk wind, swaar reën vir groot dele van die Wes-Kaap voorspel

Motoriste moet ekstra versigtig wees as hulle op die paaie ry.

Sterk wind, swaar reën vir groot dele van die Wes-Kaap

Sterk wind, swaar reën vir groot dele van die Wes-KaapFoto: SABC, Facebook

WES-KAAP. – Waarskuwings is reeds ontvang van paaie in Kaapstad wat verspoel as gevolg van swaar reën wat oor groot dele van die provinsie val.

Verskeie strate in die Strand, Parow en Durbanville is reeds onder water. Motoriste word aangeraai om ekstra versigtig op die paaie te wees. Die kouefront bring baie koue temperature, sterk winde, en onstuimige see. Hierdie toestande sal na verwagting tot Maandagaand voortduur.

“Die sentrum vir risikobestuur is gereed om enige voorvalle wat verband hou met die verwagte kouefront te hanteer. Die Suid-Afrikaanse weerdiens het gesê die kouefront sal Maandag lei tot erge reën van tussen 40 tot 60 mm oor die metropool. Motoriste moet ekstra versigtig wees as hulle op die paaie ry,” het Chantel Alexander, woordvoerder van die Kaapstad-metro se rampbestuur, gesê.

LEES OOK: Ma van ‘tienling’ – ouderdom en naam verskil glo op ID

Hou FiND iT dop vir die nuutste nuus.

Skrywer:

Leave a Reply

Your email address will not be published.