Gevangene verstom met kookvideo’s uit sy sel

Deel hierdie storie / Share this story

KALIFORNIË. – Jeron Combs (31), wat al in die tronk is vandat hy 18 is, het onlangs mense op sosiale media verstom my sy kookvideo’s wat hy vanuit sy tronksel deel.

LEES OOK: Kevin Federline ondersteun Britney Spears in voogdyskap-saak

In tronk vir moord

Combs is in die tronk vir moord en poging tot moord, maar het sedertdien ’n liefde vir kosmaak ontwikkel. Hy kook deur ’n gebreekte kookplaat en sy metaalbed te gebruik.

Combs het aan Daily Mail gesê hy geniet die kos wat hy maak meer as dit wat aan gevangenes bedien word. Gevangenes kan glo klaarverpakte etes van die tronkkombuis bestel.

LEES OOK: Hoe gee ek my drome vlerke?

Maak die beste van wat hy het

“Ek maak die beste van al die bestanddele wat ek het, en as ek nie het wat ek benodig nie, kry ek dit van ‘n vriend. Ons maak al ons kos saam en maak dit werk.”

Kyk hier na van sy video’s:

@562money

this is what I use to cook #burritots #tacos #free jmoney

♬ original sound – ?
@562money

Just another day #free jmoney

♬ Yummy – Justin Bieber

https://www.facebook.com/watch/?v=860628108082722