Kevin Federline ondersteun Britney Spears in voogdyskap-saak

Federline het tans primêre toesig oor die seuns.

Kevin Federline ondersteun Britney Spears in voogdyskap-saak

Kevin Federline ondersteun Britney Spears in voogdyskap-saak

Kevin Federline (43), Britney Spears (39) se eks-man, het sy ondersteuning vir sy eks-vrou in die voogdyskap-saak uitgespreek.

Federline het deur sy prokureur aan Delish gesê hy wil net hê Spears moet gelukkig wees en dat sy seuns in ’n gelukkige omgewing vir hulle ma kan gaan kuier. Hy meen die beste ding vir sy kinders is wanneer hulle ma gesond en gelukkig is.

LEES OOK: Mike Bolhuis se heruitsending op KykNET gekanselleer

Twee seuns uit huwelik

Federline en Spears was van 2004 tot 2007 getroud en het twee seuns, Sean (15) en Jayden (14). Federline het tans primêre toesig oor die seuns.

Britney en kêrel hou vakansie

Spears en haar kêrel, Sam Asghari (27), het die dag na haar emosionele getuienis na Maui, Hawaii gevlieg om ’n bietjie te gaan vakansie hou. Een van die dinge wat sy tydens haar getuienis gesê het, is dat gedreig is om haar van haar vakansie te ontneem as sy nie maak soos vir haar gesê word nie.

LEES OOK: Hoe gee ek my drome vlerke?

Skrywer:

Leave a Reply

Your email address will not be published.