Ma van ‘tienling’ – ouderdom en naam verskil glo op ID

Piet Rampedi, redakteur van Pretoria News, sê hy staan by sy storie.

Ma van 'tienling' - ouderdom en naam verskil glo op ID

Ma van 'tienling' - ouderdom en naam verskil glo op ID Foto: IOL

PRETORIA. – Die ma van die “tienling” wat die wêreld as Gosiame Sithole leer ken het, se naam verskil glo op haar ID en sy is 10 jaar ouer as wat aanvanklik berig is.

Die Sunday Times berig hulle het ‘n kopie van haar ID gesien. Dit dui volgens hulle aan sy is in 1972 gebore, wat haar 48 jaar oud en nie 37 jaar nie, maak.

FiND iT het op 23 Junie berig Thabo Masebe, woordvoerder vir die Gautengse provinsiale regering, het gesê geen hospitale het ’n rekord gehad van so ’n geboorte nie. “Ondersoek deur die regering dui daarop dat Sithlo glad nie onlangs swanger was nie en ook nie geboorte gegee het nie,” het Masebe bygevoeg.

Piet Rampedi, redakteur van Pretoria News wat eerste oor die “tienling” berig het, het al verskeie kere volgehou hy staan by sy storie. Rampedi sê Sithlo was swanger en sy het wel geboorte aan 10 babas gegee.

FiND iT het al verskeie kere navraag by die familie se woordvoerder gedoen, maar het geen terugvoer ontvang nie.

LEES OOK: Regering gaan regstappe teen Independent Media neem na vals berigte oor 10 babas

Hou FiND iT dop vir die nuutste nuus.

Skrywer:

Leave a Reply

Your email address will not be published.