MADRID – Die stigter van McAfee Associates, die antivirussagteware-maatskappy, John McAfee (75), is Woensdag dood in sy sel in Spanje gevind.
“McAfee is dood in sy sel in ‘n tronk naby Barcelona gevind. Daar word vermoed hy het selfdood gepleeg,” het ‘n woordvoerder van die gevangenisstelsel in die noordoostelike Katalonië gesê.
Daar word beweer hy het “doelbewus” tussen 2014 en 2018 nie belasting ingedien nie, ondanks die verdienste van miljoene deur konsultasiewerk, kripto-geldeenhede en die verkoop van die regte op sy lewensverhaal. Hy is sedert Oktober 2020 in die tronk nadat hy op die lughawe in Barcelona in hegtenis geneem is, net toe hy op die vlug na Istanboel sou vertrek.
Indien hy skuldig bevind sou word, kon hy tot 30 jaar tronkstraf gekry het.
Nadat McAfee in sy sel gevind is, het mediese personeel dadelik resussitasie toegepas, maar hy is later dood verklaar.
LEES OOK: Regering gaan regstappe teen Independent Media neem na vals berigte oor 10 babas
Hou FiND iT dop vir die nuutste nuus.



