4-jarige seuntjie vermis na hy spoorloos verdwyn

Deel hierdie storie / Share this story

DURBAN. – Die 4-jarige seuntjie, Mlando Zuma, is vermis nadat hy laas op 18 Junie gesien is terwyl hy by Dambuza gespeel het.

Die eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe (FCS) in Plessislaer versoek die publiek se hulp om na die seuntjie te soek. Hy is laas in ‘n kort kakiebroek en ‘n blou T-hemp met ‘n hoed gesien. Die polisie doen ‘n beroep op enigiemand met inligting oor waar hy hom bevind, om die ondersoekbeampte Chagwe by 082 437 6652 of Crime Stop by 08600 10111 te kontak.

LEES OOK: Baba se gesig tydens noodkeiser oopgesny, familie wil regstappe neem

LEES OOK: Selfdood – ‘Alles sal oraait wees, Mamma’ sê seun (13)

Hou FiNDiT dop vir die nuutste nuus.