Prinses Diana se laaste woorde op ongelukstoneel onthul

Deel hierdie storie / Share this story

Sers. Xavier Gourmelon, ‘n brandweerhoof, wat een van die eerstes op die toneel na prinses Diana se noodlottige padongeluk in Parys was, het vir die eerste keer oor haar laaste woorde aan hom gepraat.

Gourmelon vertel aan Daily Mail Diana kon steeds effens beweeg en het met hom gepraat toe hy op die ongelukstoneel in Augustus 1997 aankom.

Prinses Diana se woorde na ongeluk

“Oo, wat het gebeur?” was volgens hom die prinses se woorde aan hom.

Die brandweerhoof het nog nooit hierdie aan enige media vertel nie. Vir die eerste keer vertel hy hoe hy toe haar hand gevat het en haar probeer kalm hou het. Hy sê Diana het fisies “oukei” gelyk, behalwe vir haar beseerde skouer.

Gourmelon het Diana nie dadelik herken nie en eers besef sy is ‘n prinses toe hy haar in die ambulans laai. Twee insittendes, die drywer en Diana se nuwe maat, is op die toneel dood terwyl Diana en nog ‘n persoon, ‘n lyfwag, na ‘n hospitaal geneem is. Diana het later aan haar beserings beswyk. Die lyfwag het die ongeluk oorleef.

LEES OOK: Horner-saak: twee moordverdagtes loop nou vry

LEES OOK: Niemand in hegtenis na man in ‘padwoede-voorval’ doodgeskiet is

Hou FiND iT dop vir die nuutste nuus.