KLERKSDORP. – Niemand is al in hegtenis geneem nadat Nicky Botes verlede naweek tydens ’n beweerde padwoede-voorval doodgeskiet is nie.
“Niemand is al in hegtenis geneem nie. ‘n Sekuriteitswag het ook ‘n aanrandingsaak geopen. Beide dossiere van moord en aanranding sal na die nasionale vervolgingsgesag (NVG) geneem word vir leiding,” het kol. Adele Myburg aan FiND iT bevestig.
Na aanleiding van NVG se ondersoek sal die staatsaanklaer vir die polisie aanbeveel wie in hegtenis geneem moet word.
Nog niemand in hegtenis, sê polisie
Alhoewel Botes oorspronklik van Schweizer-Reneke is, het die voorval in Klerksdorp plaasgevind. Botes was glo in ‘n woordewisseling betrokke met ’n sekuriteitswag waarna ‘n geveg ontstaan het. Hy is toe in die kop geskiet en is op die toneel dood verklaar.
Vriende van die vermoorde Botes was gister op sosiale media ontsteld oor die aantal skote wat na bewering afgevuur is. Myburg het vandag aan FiND iT gesê die polisie kan nog nie bevestig hoeveel skote afgevuur is nie, omdat die nadoodse ondersoek eers vandag gedoen sal word. Tydens die ondersoek sal hulle kan vasstel hoeveel skote Botes getref het.
Botes word deur sy seun, ‘n gr.-4 leerling, oorleef. Hy was nie getroud nie.
LEES OOK: Medelye stroom in na man lewe tydens ‘padwoede-voorval’ verloor
Hou FiNDiT dop vir die nuutste nuus.



